Description
Die derde avontuur in die topverkoper-reeks Thomas@ is hier! Die toetsreeks is verby en ’n wonderlike langnaweek by die see lê vir Thomas-hulle voor. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek ’n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis wat reguit lei na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar, Sharky Fortuin; sy beste vriend, Hannes, gedra hom skielik soos ’n alien en hy betrap vir Alexandra en Lukas saam op ’n afgeleë plek tussen die rotse - en dit terwyl Lukas weet dat