Glam-divas 1: Talia

by Solet Scheeres

★★★★☆
3.5 (616)

US$4.50

15% OFF CODE: SAVE15

Description

“Wag nou, luister net na my ...” Linka spring opgewonde van die bed af. “Wat daarvan as ons drie ’n styling-agentskap begin.” “’n Wát?” Didi bars uit van die lag. “Jy kan maar lekker lag, Didi – ek dink dis ’n moewiese plan. Sê nou maar die laerskool bied ’n konsert aan en die juffrou wil graag die graadeens soos pampoene aantrek, dan kan sy na ons toe kom. Of sê nou ou Henco Smit wil ’n keertjie Meidans toe gaan, maar hy weet nie wat om te doen en hoe om aan te trek nie, dan kom hy na ons toe .