Geen engel nie

by André Krüger

★★★★★
4.6 (613)

US$7.50

15% OFF CODE: SAVE15

Description

Nuwe plek, nuwe skool, nuwe mense. Ek het my eenkant gehou, net in die middae pinball gespeel by die Griek se kafee op die hoek. Pinball was my ding. My nuwe klasmaats het gesien hoe ek speel. “Kyk hoe jive die cat daar agter die pinball,” lag die een. “Ek scheme dié Randfontein cat is nie te bad nie.” Omdat ek ’n soort van pinball wizard was, het hulle my nie so geboelie soos vir my kleinboet Johnny nie. Ná ’n lewe in die skadus neem ’n man stelling in, rewolwer in die hand, om sy allerlaaste m