Dorado
US$5.25
15% OFF CODE: SAVE15
Description
Ná sy pa se dood ervaar Gilbert du Toit eienaardige visioene: kontoerlyne van lig en vlietende skole visse. Hierdie gestaltes is boodskappers, meen hy, en besluit om die blinklywe te volg, oor die wye Karoovlaktes, Kaap toe. Gilbert se pad kruis met dié van die Howlers, ’n trio voormalige tronkvoëls wat met trompet, viool en kitaar deur die platteland toer. Hy kom kleindorpse kroeë teë, en dinosourusparke, en vergesigte wat hy hom tot nou toe skaars kon verbeel. Maar al reis hy hoe ver, die stor