Die lang man sonder skaduwee
US$5.50
15% OFF CODE: SAVE15
Description
“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om ’n stram geselskap aan die gang te kry. Met dié raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek ná die verskyning van Kruidjie roer my, haar boek oor Karookruie wat sy plek as ’n klassieke werk in Afrikaans